Beste Leandra
Jy het vir ons 'n BAIE GROOT geskenk
gegee om vir elke kind 'n gratis dagboekie te gee wat presies aan al ons
behoeftes voldoen. Die personeel en leerders is in die wolke oor die
nuwe boekies en gaan ons baie vreugde verskaf in die loop van die jaar.
Ons kon nie vir 'n groter geskenk gevra het nie.
Ek weet
BAIE DANKIE klink nou maar simpel en eenvoudig in die lig van ons groot
geskenk, maar wees verseker dat ons dit baie opreg en innig waardeer.
Mooiste wense vir jou vir die jaar wat voorlĂȘ. Ons vertrou jou maatskappy sal van krag tot krag gaan.
Vriendelike groete
L. BLOM
LAERSKOOL MONTE VISTA PRIMARY SCHOOL
HUISINGLAAN/AVENUE
MONTE VISTA 7460 RSA
TEL +27(0) 558-4637 FAX +27(0) 558-7155
